Weet jy van die Gemsbokkomkommer?

Die Kalahari woestyn beskik oor ‘n baie groot verskeidenheid plantegroei wat al vir jare gebruik word deur mense en diere om te kan oorleef. ‘n Gemsbokkomkommer is sekerlik een van die ‘gesondste’ plante in terme van wat dit aanbied vir sy vreters soos, ‘n bron van proteine, vog, medisyne, skoonheid sorg en vermaak. Dit is belangrik om hierdie eienskappe te evalueer en te probeer verstaan hoekom hierdie ongelooflike vrug nie te koop is in ons plaaslike supermark.

‘n Bron van proteine

Die Gemsbokkomkommer se grootse voedsel waarde le in sy pitte. Die eerste bevolkings in die Kalahari onder andere die boesmans en eerste boere het die pitte uitgedroog en geeet as neute. Volgens die artikel Gemsbok Cucumber Fruit: Gemsbok African Melon Info And Growing, bevat hierdie peuselhappie ongeveer 35% proteine. In die dae toe wild met die voet gejag is en veewagters die troppe moes oppas, sou dit sekerlik ‘n gerieflike vervanging wees vir ons heedendaagse ‘trail mix’.

‘n Droee keel se voorland

Met ‘n dik skil wat ‘n voggerige binneste beskerm is die Gemsbokkomkommer ‘n goeie bron vir enige mens of dier wat wil keel natmaak. Vir mense, word die vrug oopgebreek en die groen vleiserigheid word uitgeskep met ‘n mes of lepel.

Herbivore en omnivore, veral perde en bokke kap die vrug met hul hoewe en eet hom met skil en al. Die rangplant wat die vrug dra is ook baie gewild onder diere as gevolg van die lekker smaak, vog en voedsaamheid.

Gemsbokkomkommer – die plaaslike apteek en veearts

Wetenskaplik bewys het die komkommer voordelige eienskappe vir siek mense en diere.

Die komkommer self asook sy rangplant is dikwels ‘n redder gewees vir perde wat koliek of stywe pense het. As die enigste bron van vervoer voor motors Kalahari toe gekom het was perde baie besog vir besigheid en sosiale geleenthede, want anders moes jy in die dik sand stap. Hierdie rangplant se vesel inhoud maak seker dat hardwerkende perde, donkies en muile se derm kanale aanhou werk ten spuite van die hitte/koue en min water.

Die boesmans het weer ‘n smeer gemaak van die pulp van die vrug en op ‘n slangbyt geplaas om gif te teenwerk. Hulle het dit ook gemeng met koue water en ingegee om te drink om die gif van slange, insekte en gifpyle teen te werk.

Die plaaslike ‘spa’

Behalwe vir al sy medisinale eienskappe soos hier bo genoem, is die Gemsbokkomkommer ook gebruik vir vel en hare behandelings deur Boesman vrouens. Hulle het die pulp fyngemaak dat dit ‘n behoorlike jellie-tipe smeer vorm wat hulle aan hulle hare en vel gesmeer het vir vog, om ‘n beeldskoon voorkoms te kry.

‘n Bron van vermaak

Die Gemsbokkomkommer groei aan ‘n rangplant wat homself plat oor die aarde versprei. Hierdie rangplant is redelik sterk en is sodoende deur Kalahari kinders gebruik vir touspring en ander speletjies wat hulle uitgedink het. Soos hulle se, van kreatiwiteit kom al die vreugde in die lewe!

Gegewe al hierdie eienskappe is dit duidelik hoe belangrik ‘n enkele soort plant kan wees in die Kalahari. Die Gemsbokkomkommer met al sy gebruike en eienskappe is baie belangrik gewees vir oorlewing van enige soort lewende ding. Selfs nou dat die Kalahari meer bevolk is as wat dit altyd was, is hierdie vrug noodsaaklik vir die diere wat daaraan vreet, veral wanneer dit droog word.

DieKalahari

DieKalahari.co.za is 'n spog blad vir die Kalahari met al sy inwoners en natuurskoon. Indien jy iets het wat jy wil deel oor die Kalahari is ons hier om dit moontlik te maak - stories van oud, fotos, diere of net eenvoudig wat jy aanbied.

You may also like...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui