Die Kalahari son se vertoning
Elke oggend en elke aand lyk dit anders. Die manier wat die son se strale met die wolke en horizon speel maak dat geen dag dieselfde lyk nie.
Enige fotograaf sal elke dag hierdie spektakel wil afneem. Die vertoning wat elke nuwe dag vier en elke ou dag behoorlik afsluit.